WENTZEL COETZER: JAARKURSUS IN PASTORALE SORG EN KRISIS INTERVENSIE
Prof Wentzel Coetzer
Suidelike Afrika kan beskryf word as ‘n getraumatiseerde gemeenskap. Talle persone is reeds geraak deur trauma en krisisse en daar is sovele wat worstel met ‘n magdom van onverwerkte emosionele pyn. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie vir andere se seer het, toe te rus om pastorale begeleiding te kan bied aan diegene wat deur trauma en krisisse geraak is. Die kursus is baie sterk praktykgerig met talle praktiese voorbeelde wat telkens as toepassing dien van basiese teoretiese uitgangspunte geskoei op Bybelse vertrekpunte. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk geestelike groei en verryking in – u mag nie hierdie geleentheid misloop nie!
Die Jaarkursus bestaan uit die volgende 12 modules:
- Trauma as ʼn verwoester – pastorale riglyne rakende trauma berading
- Pastorale begeleiding tydens die eerste 48 uur direk na trauma (defusing and debriefing)
- Pastorale hantering van generasie bagasie – die onverwerkte emosionele pyn en trauma van ‘n vorige geslag
- Pastorale begeleiding in die hantering van emosionele bagasie en pyn van die verlede
- Die vernietigende effek van verwerping – pastorale begeleiding
- Die wonderkrag van vergifnis – pastorale riglyne rakende die hantering van bitterheid, wrokke en haat
- Pastoraat en breinfunksies met besondere verwysing na die bydrae op die terrein van breinskandering deur die Christen psigiater, Dr Daniel Amen.
- ʼn Pastorale en holistiese benadering tot depressie, gebaseer op die holistiese benadering binne die bekende Meier Klinieke
- ʼn Pastorale en holistiese benadering tot stres en uitbranding (Meier Klinieke)
- ʼn Pastorale model met betrekking tot huweliksberading
- Treurberading, sterwensbegeleiding en die rouproses – Pastorale riglyne
- Die angel van toksiese godsdiens – pastorale begeleiding van persone wat verwond geraak het in hul betrokkenheid by godsdiens en die kerk
Studente kwalifiseer vir 55x VBO punte (NG en Herv Kerk) asook vir 12x krediete in terme van verdere studie, asook vir 20x kredietpunte by CPSC (beradersvereniging).
Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus kan studente ook aansoek doen om lidmaatskap van die beradersvereniging (Council for Pastoral and Spiritual Coun-sellors). Hierdie vereniging is geakkrediteer by SAQA en gevolglik dus ook erken deur die Regering. Die minimum vereiste om lidmaatskap te verkry, is die suksesvolle voltooiing van ʼn Jaarkursus in Pastorale Berading by ʼn erkende instansie – hierdie kursus voldoen aan daardie vereiste.
Daar is drie opsies beskikbaar om in te skryf vir die Jaarkursus:
- Eenmalige betaling van R10 000 met toegang tot al 12 die modules.
- ʼn Eerste betaling van R5000 vir die eerste 5 modules, en dan ʼn tweede betaling van R5000 vir die uitstaande 7 modules.
- Tien maandelikse paaiemente van R1000 elk. Na die eerste R1000 word toegang verkry tot die eerste drie modules, en daarna telkens vir ʼn verdere module wanneer die volgende R1000 betaal word.
Alle modules kan ook as alleenstaande kursusse gedoen word teen R1000 per module.
Vir enige navra kontak Prof Wentzel Coetzer by
E-pos: wentzelc@gmail.com of
Sel: 083 660 0409
Die aanlyn kursus word gedoen op die volgende webblad: https://practicalchristian.co.za/