
In hierdie kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens. Talle praktiese voorbeelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende:
- Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef?
- Post-traumatiese stresversteuring
- Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies
- Faktore wat die genesingsproses kan bevorder
- Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon?
- Die sin-vraag na trauma
- ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers
- Toegerus om toekomstige trauma te hanteer
Die kursus word gerig enersyds op persone met 'n belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders, ens), en andersyds ook op diegene wat moontlik self op soek is na antwoorde na traumatiese ervarings.
- Teacher: Wentzel Coetzer