
- “Ek is deur my pa verwerp omdat hy net seuns wou gehad het en nooit ʼn dogter nie. Hy het geen geheim daarvan gemaak dat ek onwelkom was nie. Dit sou beter gewees het as ek maar liewer gesterf het as om so verwerp te word.”
- “Ek het later in my lewe uitgevind dat my ouma wou hê my ma moes my opgee vir aanneming en dit het my baie onwelkom en verwerp laat voel. Om hierdie rede vermoed ek dat God my wil straf en ek wil daarom niks met godsdiens te doen hê nie.”
Hierdie is enkele voorbeelde van die aftakelende krag van verwerping wat talle persone alreeds sedert die vroegste kinderjare ervaar het. Talle van hierdie individue het uiteindelik die vernietigende langtermyn gevolge met hulle saam-gedra tot in die gryse ouderdom. In hierdie kursus word gefokus op die pastorale begeleiding van diegene wat op hierdie wyse emosioneel verwond en moedeloos geraak het.
- Teacher: Wentzel Coetzer