Prof Wentzel Coetzer

Talle persone loop rond met maskers in ’n poging om die dam van pyn te verberg wat net onder die oppervlakte van hul gemoedere versteek lê. Hierdie pyn hou so dikwels verband met gebeure wat reeds voorgeboortelik of andersins op ’n baie vroeë stadium in hul lewens plaasgevind het. Omdat dit nooit hanteer is nie, het dit uiteindelik soos ’n septiese wond geword waarop mettertyd die een pleister na die ander geplak is. Kinder- en tienerjare is die mees kwesbare stadiums vir trauma, verwerping en emo-sionele verwonding, en daarom vind die meeste skade gedurende hierdie fases van mense se lewens plaas. In hierdie kursus word in besonder gefokus op hierdie vroeë lewensfases. Persone wat besonder baat sal vind by hierdie kursus is jeugleraars, jeugwerkers, beraders by skole, kategete, onderwysers, Sondagskoolonderwysers, maatskaplikewerkers, pastorale beraders wat op kinders gefokus is, ens.

Die Jaarkursus bestaan uit die volgende modules:
  • Die impak van Boelie op kinders en jongmense – Pastorale perspektiewe.
  • Pastorale begeleiding van getraumatiseerde kinders.
  • Hoe om kinders voor te berei vir toekomstige trauma – Pastorale perspektiewe (ontwikkeling van emosionele intelligensie).
  • Emosioneel verwonde Pa's – Pastorale perspektiewe.
  • Emosioneel verwonde Ma's – Pastorale perspektiewe.
  • Emosioneel verwonde jongmense – Pastorale perspektiewe.
  • Die impak van die digitale era op kinders en jongmense - Pastorale perspektiewe (internet, selfone, tablette, ens) .
  • Selfmutilering - Pastorale perspektiewe - (cutting; jongmense wat hulself sny en hul liggame beskadig).
  • Hartseer, verlies en die rouproses by kinders – Pastorale perspektiewe (kinders se rouproses verloop normaalweg anders as dié van volwassenes).
  • Verkragting, molestering en bloedskande - Pastorale perspektiewe.
  • Aborsie, miskraam en stilgeboorte - Pastorale perspektiewe.
  • Unieke uitdagings rakende die grootmaak van seuns (die sg 'boys crisis').

Studente kwalifiseer vir 55x VBO punte (NG en Herv Kerk); asook vir 12x krediete in terme van verdere studie; ook vir 20x VBO punte by CPSC.

Na suksesvolle voltooiing van hierdie kursus kan studente ook aansoek doen om lidmaatskap van die beradersvereniging (Council for Pastoral and Spiritual Coun-sellors). Hierdie vereniging is geakkrediteer by SAQA en gevolglik dus ook erken deur die Regering. Die minimum vereiste om lidmaatskap te verkry, is die suksesvolle voltooiing van ʼn Jaarkursus in Pastorale Berading by ʼn erkende instansie – hierdie kursus voldoen aan daardie vereiste.

Daar is drie opsies beskikbaar om in te skryf vir die Jaarkursus:
  • Eenmalige betaling van R10 000 met toegang tot al die modules
  • ʼn Eerste betaling van R5000 vir die eerste 5 modules, en dan ʼn tweede betaling van R5000 vir die uitstaande 7 modules.
  • Tien maandelikse paaiemente van R1000 elk

Alle modules kan ook as alleenstaande kursusse gedoen word teen R1000 per module.

Vir enige navra kontak Prof Wentzel Coetzer by
E-pos: wentzelc@gmail.com of
Sel: 083 660 0409

Wanneer betaling ontvang is, sal toegang gegee word aan die bepaalde modules soos aangedui. Die aanlyn kursus word gedoen op die volgende webblad: https://practicalchristian.co.za/